Registration under Act 36 of 1947:  pending

Bio-Steriliser

Before ordering this product, please make sure that your are well informed on the risks.  Voordat hierdie produk bestel word, maak seker dat u die risikos ken.

Identifikasie
‘n Deurskynende vloeistof soos water met ‘n asynagtige reuk.
Beskrywing
Bio-Steriliser is ‘n kragtige gekonsentreerde waterstof peroksied (50%) wat as ontsmettingsmiddel in verdunde vorm vir algemene gebruik in die landbou kan dien. Dit is baie effektief teen selfs baie lae verdunning om swamme en bakteriee in die lugruimte te verminder. Waar dit met plantdele in aanraking kom, het dit ‘n ontsmettende werking, sonder om die plant te beskadig.
Toepassing
Bio-Steriliser, in sy verdunde vorm(e), is ‘n omgewingsvriendelike produk wat gebruik kan word om store, melkstalle, kuikenhokke, melkerye, wynkelders, besproeiingswater, besproeiingslyne ens. te ontsmet.  Ook gebruik vir beheer van donssige skimmel, poeieragtige skimmel en bakteriese siektes op plante. Kan ook gebruik word om grond te ontsmet of potmengsels in plantsakke in tonnels ens.  Dit is die enigste ontsmettingsmiddel bekend wat slegs water en koolstofdioksied as residu agterlaat.
Aktiewe Bestanddeel:
Perasynsuur-waterstofperoksied konsentraat, waar by verdunning met water die konsentrasie na waterstofperoksied skuif. Nie fitotoksies nie.
Gebruiksaanwysings
Dosis: Fasiliteite – 6%, vir oppervlaktes wat bestand is teen oksideermiddels (sure). Gereedskap – 6%, vir gereedskappe wat bestand is teen oksiedeermiddels (sure). By ontsmetting van besproeingstelsels moet die pH van die uitlopende water dopgehou word om nie ver onder die vlak van die voedingswater te val nie.  Gebruik teen ‘n vermenging van 1% (1 l / 100 l) waar dit op plante gespuit word.

Aanwendig op plante: Sorg dat spuitapparaat skoon is van enige ander chemikalieë. Maak spuittenk halfvol met water. Voeg die nodige hoeveelheid Bio-Steriliser stadig by en roer goed. Vul spuitapparaat met die regte hoeveelheid water. Sorg dat alle opppervlaktes deeglik benat word.

Veiligheidsmaatreëls
Bio-Steriliser, veral in sy gekonsentreede vorm, is ‘n baie sterk oksideermiddel wat gevolglik baie versigtig gehanteer moet word.  Kontak met die oë en vel moet voorkom word! Dra beskermende oorklere en gesigmaskers. Wees veral versigtig met die uitgooi van die produk vir druppels wat in oë kan spat aangesien dit blindheid kan veroorsaak. Bio-steriliser moet met geen ander produk gemeng word nie. Dit is hoogs korosief op sagte metale maar het geen effek op vlekvrye staal nie. Bio-Sterilizer konsentraat laat karton smeul, wat tot brand kan lei.

PESTICIDE INFORMATION PROFILE

Active(s):       Assayed as 50.0 wt.% min. H2O2 (Hydrogen Peroxide)

Toxicity:         PAN Bad Actor Chemical: No

Health risks human:  A 10% hydrogen peroxide is retailed in pharmacies in quantities of 100 ml and the risks are fairly contained. Dealing with a 50% concentration though requires an informed person.

Please consult [ http://www.ecetoc.org/wp-content/uploads/2014/08/SR-10.pdf ]  on health risks and environmental impact or request a copy from Agro-Organics.

Environmental Impact: at concentrations below 1% when sprayed  General:  No detrimental effects anticipated  Bees:  No  Fish:  Yes, but unlikely.  Groundwater:  No

Minimum Risk Levels (MRLs)

Expected residue concentration per applied cm2:  < 0.01 µg / cm2

Expected time of complete breakdown of actives:  seconds

Withholding period on crop peeled to be eaten:  0 day

Withholding period on crop eaten as harvested:  0 day

MRLs by Codex Alimarius:  not listed

General Notes:
References:  When inquiring please be specific.  hans(at)agroorganics.co.za

Whilst all care is taken in compiling information, Agro-Organics (Pty) Ltd or any of its staff can not guarantee that the information is absolute.  Research is ongoing and any contradiction can relate to results not yet known to us.  Please feel free to communicate your concerns with us and thereby creating a safer environment for all.

Copyright© 2000-2016 Agro-Organics. All rights reserved.

All information of this site is protected by copyright laws, use of this information is at own risk.

Newsletter

Farmer's Support South Africa:

Ornamentals, flowers and lawns: